NEFF bevraagteken magsgebruik oor Kombat-sakeman

Bewerings oor die afskryf van skuld van 29 miljoen Namibiese dollar van die sakeman Knowledge Katti vir Kombat deur NamPower, het in die parlement in onder die loep gekom. Volgens berigte is die uitvoerende direkteur in die sportministerie, Erastus Haitengela ook by Kombat betrokke. Die nuus kom te midde van beurtkrag wat veral in die Suide toegepas word as gevolg van uitstaande skuld. Die adjunk-president van die Namibian Economic Freedom Fighters Kalimbo Iipumbu het in die Nasionale Vergadering die minister van myne en energie Tom Alweendo gevra om te antwoord oor hoe hy die publiek sal verseker dat die beweerde afskryf van die skuld van die sakeman nie magsmisbruik is nie.