NEFF-aktivis weer Oktober in die Katutura-hof

Een van die sake waarin die omstrede NEFF-aktivis Michael Amushelelo teregstaan, is volgens sy regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo, tot 25 Oktober vir pleit en verhoor in die Windhoekse landdroshof in Katutura uitgestel. Amushelelo en sy medebeskuldigdes Dimbulukeni Nauyoma en PDM-parlementslid Inna Hengari is op Onafhanklikheidsdag tydens ‘n betoging oor werkloosheid in hegtenis geneem. Amushelelo se medebeskuldigdes is kort daarna uit op borgtog, maar Amushelelo bly steeds in aanhouding. Hy staan tereg op vier klagte van die aanmoediging van openbare geweld, moedswillige beskadiging van eiendom en die oortreding van ‘n hofbevel.