NEFF-aktivis op Walvisbaai gearresteer

Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo is in hegtenis geneem omdat hy geweier het om die parkeerplek voor Shoprite op Walvisbaai te verlaat. Amushelelo en ‘n groep betogers het geweier dat die Angel Funeral Services-lykswa die perseel verlaat voordat hulle afskeid geneem het van die ontslape 25-jarige Fabiolla Zondjembo. Sy het verlede week in die see by Walvisbaai ingeloop en verdrink nadat sy volgens haar familie ‘n arbeidskwessie met Shoprite ondervind het. Die betogers het besluit die voertuig moet haar liggaam na Shoprite neem voordat hulle na ‘n plaas buite Omaruru gaan vir haar begrafnis.