NEFF-aktivis dagvaar Nampol vir sy arrestasie

Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo dagvaar deur sy Windhoekse regsfirma Kadhila Amoomo Legal Practitioners die Namibiese polisie vir 750 000 Namibiese dollar vir pyn en lyding. Amushelelo is Woensdag tydens hoogdrama by die Craft Bistro in Windhoek in hegtenis geneem nadat hy geskorste, stakende restaurantwerkers bygestaan het. Nampol-beamptes het ook met hul sambokke onder die werkers ingeklim. Drie klagte van aanranding is teen Nampol gemaak. Amushelelo, wat Woensdagaand vrygelaat is sê hy is onwettig gearreseer en het beserings opgedoen. Intussen word beweer dat die Switserse eienaar van die restaurant, Petra Illings, wat deur immigrasiebeamptes ondervra is, gedeporteer is en binne 48 uur Namibië moet verlaat.