Neem ‘n Kerskatjie aan

Maak ‘n katjie se dag en neem ‘n kietsie aan wat Kersdag onder jou Kersboom kan speel. Die Snout Project van die Cat Protection Society en ander dierebeskermings-organisasies sal môre by twee Kersmarkte in Windhoek wees met meer as 30 oulike katjies wat liefdevolle huise soek. Die Droombos Kersmark begin môreoggend om half-nege en duur tot die middag halfdrie, met ‘n verskeidenheid stalletjies waar jy Kersgeskenk kan aanskaf. Die Jenny’s Place Kersmark begin ook môreoggend om nege-uur met stalletjies vir Kersdekor-items, juwele, kunsvlyt, kos, klere en nog meer.