Nee, Windhoek se swembaddens is oop!

Stad Windhoek het onlangs aangekondig dat munisipale swembaddens in die hoofstad gedurende Desember gesluit sal wees, omdat daar geen lewensredders is nie. Die Stad het onder skerp kritiek deurgeloop hieroor. Kosmos 94.1 Nuus het met die Stad se woordvoerder, Lydia Amutenya, gepraat wat sê dat die swembaddens nie gesluit is nie, maar Olympia-swembad sal vandag gesluit wees en môre heropen.