Een uit vyf Vroue Wêreldbeker-sokkerspelers deur aanlyn misbruik geteiken

Sokker: ‘n Nuwe verslag toon een uit elke vyf spelers in die Vroue Wêreldbeker-sokkertoernooi in Julie en Augustus is deur aanlyn teistering geteiken. Die verslag deur Fifa en die wêreldwye spelersvakbond, Fif-pro, het meer as 5 miljoen plasings op sosiale media van spelers en afrigters onder die loep geneem. Meer as 150 spelers uit 697 wat gemonitor is, is geteiken met die een of ander vorm van diskriminerende, beledigende of dreigende inhoud. ‘n Groot deel was homofobies, terwyl geseksualiseerde en misoginistiese inhoud ook baie voorgekom het. Rassisme was ook algemeen.