Nederigste Kersboom

’n 103-jaar oue-Kersboom wat die “nederigste boom ter wêreld” genoem word, gaan op veiling – en kenners meen dit kan tot £80 haal.

Die 31-duim kunsmatige boom is oorspronklik in 1920 in die nasleep van die Eerste Wêreldoorlog gekoop.

Dit het gedien as Dorothy Grant, inwoner van Loughborough, se Kersboom vanaf haar tyd as ‘n klein dogtertjie tot met haar dood in 2014, op die ouderdom van 101.

Foto: Sky News