Geslagsgeweld teen dowe vroue neem toe

Die Universiteit van die Wes-Kaap sê geslagsgeweld teen vroue met gehoorgestremdhede is aan die toeneem. Dit is ondanks aansienlike aandag van die samelewing se kant af teen dié vorm van geweld, in die algemeen. Navorsing wat Ronel Davids en Maria van Staden van die Geslags-gelykheidseenheid gedoen het, toon as vroue nie kan hoor nie, maak dit hulle nog meer kwesbaar vir geslagsgeweld. Davids sê hulle het bevind dowe vroue vind dit ook moelik om toegang tot sosiale netwerke, mediese en regsdienste te kry.