Nederburg kry nuwe keldermeester

Die nuwe keldermeester vir die internasionaal bekende wynplaas in die Paarl, Nederburg, is Samuel Viljoen wat sedert 2007 deel van die wynkelder-span is. Hy het in 2007 as assistent-wynmaker begin en is in 2014 aangestel as Nederburg se volwaardige rooiwyn-wynmaker. In sy nuwe rol sal Viljoen toesig hou oor die produksie van die kelder se veelvlakkige reeks wat na meer as 80 lande wêreldwyd versprei word. Sy vorige Suid-Afrikaanse ervaring sluit tyd by Klein Constantia, Fairview en Longridge in.