Nedbankbeker-kwarteindstryde die naweek gespeel

Sokker: Die Nedbankbeker-kwarteindstryde word die naweek gespeel. ‘n Tshwane-derby tussen die Universiteit van Pretoria en Mamelodi Sundowns skop vanaand die aksie af. Môre ontvang Stellenbosch, SuperSport United, voor AmaZulu en Orlando Pirates in Durban kragte meet. En Sondag is dit die beurt van TS Galaxy, wat Chippa United verwelkom. Pirates se afrigter José Riveiro verwag ‘n taai wegwedstryd.