Neckartal besproeiingsprojek een stappie nader

Die tweede fase van ontwikkeling van die Neckartaldam in die Karas-streek is effe nader nadat die landbou-en-water-ministerie 19 000 hektaar grond bekom het teen ‘n koste van nagenoeg 19 miljoen Namibiese dollar. Die eerste fase was die bou van die damwal. Die tweede fase is die ontwikkeling van besproeiingsprojekte wat na verwagting werk vir duisende mense sal skep. Die ministerie het in November geadverteer vir konsultasiedienste om ‘n uitvoerbaarheidstudie uit te voer, wat die ministerie sal help om te bepaal hoe hulle die grond gaan ontwikkel en watter vrugte of gewasse geproduseer sal word. Daar is tans geen tydraamwerk oor hoe lank die konsultasietydperk sal duur nie.