COP28-herrie kring verder uit

Die herrie wat losgebars het oor die lys van afgevaardigdes wat Namibië by COP28 in Dubai verteenwoordig, kring steeds uit. ‘n Totaal van 142 mense is gelys, insluitend ses familelede van die Geingob-egpaar. Die presidensie sê in ‘n persverklaring dat die Geingob-kinders se kaartjies en verblyf deur die egpaar betaal is. Dit sê ook die afvaardigingslys in die publieke domein sluit privaatsektor entiteite in, wat vir hul eie uitgawes betaal het en nie die korrekte grootte van die interministeriële Namibiese afvaardiging, wat baie kleiner is, weerspieël nie. Dr. Henning Melber, navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa Institute, het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is heelwat vrae hieroor wat beantwoord moet word.

Dr Melber sê dat belastingbetalers antwoorde nodig het, want hulle is geregtig om te weet vir watter reise hul belastinggeld betaal.