NDP6 vir twee jaar uitgestel, studie is nodig

Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze sê die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan is vir twee jaar verleng. Volgens Kandjoze is die stap genoodsaak omdat die kommissie eers ‘n studie wil voltooi oor ekonomiese herstel vir Namibië wat die sesde plan sal onderskraag en veerkragtigheid sal bou. NDP5 is ‘n vyfjaar ontwikkelingsdokument wat in 2017 bekendgestel is en oorspronklik na verwagting in 2022 sou eindig. Die dokument stel teikens vir ‘n reeks nywerhede, om Namibië se ekonomie te transformeer. Kabinet het reeds die verlenging van die plan goedgekeur. Daar is nie werklik veel suksesse behaal ingevolge die plan nie en Kandjoze het reeds in 2020, Covid blameer vir die tekortkominge, al was die plan reeds in 2017 daargestel.