Women at Work boer vooruit, 11 gradueer

Elf studente het by Die Women at Work-opleidingsentrum die eerste gasvryheids- en bakkursus van 2023 voltooi. Die nie-winsgewende organisasie is daartoe verbind om beroepsopleiding te verskaf om die jeug te bemagtig, die plaaslike ekonomie te stimuleer en ‘n kultuur van selfstandigheid en entrepreneurskap te kweek. Deur toeganklike en geteikende beroepsopleiding aan te bied, is die opleidingsentrum daartoe verbind om die dringende kwessies van werkloosheid onder die jeug en ongeskoolde arbeid aan te spreek. André le Roux, ‘n raadslid van die organisasie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…