Ndlovu Jeugkoor tree weer op by America’s Got Talent

Die Ndlovu Jeugkoor van Suid-Afrika het ‘n skouspelagtige terugkeer tot die America’s Got Talent-verhoog gemaak. Die koor is genooi om aan die program se All-Stars-uitnodigingsprogram deel te neem waarin vorige deelnemers nog ʼn kans kry om kampioene te word. Die Ndlovu Jeugkoor het na sy emosionele optrede lof van die beoordelaars ontvang. Heidi Klum het gesê sy was gaande oor die lewenslus en Howie Mandel het die optrede met ‘n afgeronde Broadway-vertoning vergelyk. Simon Cowell het saamgestem en die koor geloof omdat hulle verkies het om ʼn oorspronklike liedjie uit te voer.