NDF se vereistes lei tot skerp styging in Covid-spuite

Voornemende Namibiese weermag-rekrute het volgens berigte na gesondheidsentrums gestroom om hul Covid-inentings te kry. Dit volg nadat die Namibiese Weermag dit as vereiste vir aanstelling daargestel het. Volgens die Namibiese gesondheidsministerie se daaglikse Covid-verslae het 2 887 persone tussen Sondag en Dinsdag hul eerste Covid-inentings ontvang. Die woordvoerder van die gesondheidsministerie, Walters Kamaya, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die advertensie van die weermag kon ‘n rol gespeel het in stygende inentings.