NDF-rekrute kry maar swaar, van die manne wil opgee

Die Namibiese weermag is vanjaar besig om 1 458 rekrute op te lei ná byna sewe jaar sonder om enige nuwe lede te werf. Die 16de Namibiese nuwe rekrute is tans besig met opleiding by die Osona-basis en die weermag-woordvoerder, kolonel Petrus Shilumbu, sê van die manne kry swaar.