NDF eis verpligte inentings

Die Namibiese weermag is die eerste instansie wat verpligte inentings eis. Die hoof van verdediging Martin Pinehas het die opdrag gegee en gesê dat geen geloofsoortuiging, persoonlike waardestelsels en meer, geduld sal word nie. Die minister, Frans Kapofi, het aan plaaslike media bevestig dat hy die opdrag ten volle ondersteun en sê hy voorsien geen uitdagings nie omdat die soldate nie hulle hoofde trotseer nie. Kapofi het bygevoeg dat soldate in gemeenskappe woon so inentings is genoodsaak vir die beskerming van die mag. Die sperdatum vir die opdrag is nie bekend nie.