Ndeunyema neem steeds by Namcor waar

Die direksie van Namcor sê hy is bewus van onlangse mediaberigte wat die rondte doen oor die status van die waarnemende besturende direkteur, Shiwana Ndeunyema dat hy uit die pos bedank het. Daar is ook gerugte dat hy die stap geneem het as gevolg van twyfelagtige instruksies. Die raad sê die berigte is nie akkuraat nie. Ndeunyema het sy voorneme uitgespreek om uit te tree uit sy waarnemende pos maar dat hy steeds waarneem en in die rol bly. Die raad sê hy werk op ‘n oorgangsplan en sal ‘n aankondiging maak wanneer besluite geneem is.