NCCI sal klagtes oor inenting aanhoor

Verpligte inentings is plaaslik reeds ingestel by Mediclinic sowel as die Namibiese weermag. Daar is gerugte dat maatskappye reeds die maatreël toepas maar, volgens die regering, is inenting steeds vrywillig. Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid sê hulle is bereid om klagtes van werknemers in die verband aan te hoor, soos die kamer se hoof uitvoerende beampte Bisey Uirab verduidelik…