NBL tevrede met 2021 se finansiële jaar-uitslae

Die besturende direkteur van Namibia Breweries Limited, Marco Wenk, het vandag jul finansiële jaarresultate vir 2021 bekend gemaak. NBL se biervolumes het in 2021 met 9,2 persent toegeneem, hoofsaaklik as gevolg van produksievolumes wat na Suid-Afrika gestuur is. Namibiese biervolumes het met 7,3 persent gedaal weens die Covid-pandemie, wat ‘n beperkte handelsomgewing gedurende die tydperk Julie en Augustus 2021 ervaar het, terwyl aansienlike skommelinge in volume-aanvraag teen die einde van 2021 ervaar is. Wenk sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is gelukkig oor die resultate.