NBC vandag weer in hof

Regter Collins Parker sal vandag die aansoek van die openbare werkers vakbond, Napwu, teen die NBC, die Namibiese regering en die minister van finansies aanhoor, as dringend. Parker het verlede week Woensdag die aansoek as dringend aanvaar. Die vakbond sê die uitsaaier het die bepalings van die September 2011 ooreenkoms wat hy met die vakbond het, oortree. Stukke wat deur Petrus Nevonga, die Algemene-Sekretaris van die vakbond ingedien is, meen dat beide die regering en die NBC geweet het daar sal geen befondsing vir loonverhogings wees nie en steeds, het die NBC met die vakbond onderhandel. Dus sê Nevonga dit was alles gebaseer op ‘n illusie en daarom het die korporasie sy ooreenkoms met die vakbond verbreek. Personeel is volgens hom ook tydelik aangestel om die stakende werkers se poste te vul, wat nie toegelaat word nie. Die saak word verdedig.