NBC: raad sê Vrydag, Mushelenga soek verslag

Plaaslike media berig dat die Minister van Inligting Peya Mushelenga opdrag gegee het dat die nasionale uitsaaier die NBC hom met ‘n verslag voorsien oor al die betalings wat deur die korporasie gemaak is sowel as enige besparings maatreëls wat toegepas word. Werkers staak sedert 23 April en eis salarisverhogings wat die NBC sê hy nie kan bekostig nie. Sy regeringsubsidie is vanjaar met meer as 60 persent gesny. Intussen duur onderhandelings daagliks voort. Die Voorsitter van die NBC raad Lazarus Jacobs het bevestig dat ‘n verklaring Vrydag uitgereik sal word. Al NBC se kanale is dood sedert 23 April.