NBC: dis ‘n proses….

Die staking by die NBC sal nog onbepaald voortduur. Volgens Ihana Mbaha, ‘n werknemer by die NBC en die skakel tussen die werkers en die Napwu vakbond sê hulle wag steeds op terugvoer van President Hage Geingob en dat onderhandelings met die bestuur van die nasionale uitsaaier eers Woensdag sal hervat. Intussen sê Alfredo Hengari, Woordvoerder by die Presidensie, die proses moet sy gang gaan.