NBC blyk om bodemlose put te wees

Die nasionale uitsaaier se uitdagings het onder die loep gekom by ‘n sitting van die parlementêre staande komitee oor menslike hulpbronne. Daar is onder andere, ondersoek ingestel na die 2021-staking by die NBC wat talle werkers in ‘n finansiële knyp gelaat het. Hulle het gestaak vir verhoging maar dit wil voorkom asof dit doodgebore is. Die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, sê die NBC genereer minder as ‘n kwart, net 23 persent van wat hy jaarliks nodig het om in bedryf te bly.