Nawa reageer op planne om kleinvee na Midde-Ooste uit te voer

Die Namibiese Welsynsvereniging, Nawa, het gereageer op die kabinetbeslissing oor die uitvoer van kleinvee na die Midde-Ooste. Die inligtingsminsiter, dr. Peya Mushelenga, het nie meer besonderhede oor die beplanning vir kleinvee-uitvoere bekend gemaak nie, maar die kwessie was onlangs in die nuus toe daar beplan was om vee in te voer na Namibië en dan op die hoef te verskeep na die Midde-Ooste. Diereregte-aktiviste was woedend maar die ministerie van landbou het dit uiteindelik gekeer deur die invoer van vee na Namibië te verbied as gevolg van bek-en klouseer, wat ook in Suid-Afrika voorkom. Heather Creamer, voorsitter van Nawa sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is absoluut gekant teen die uitvoer van lewende diere.