Geloftedag word plaaslik herdenk

Netwerk Namibië het verskeie Geloftefeeste vandag in die land. Die Geloftefeeskomitee in Windhoek beplan ‘n erediens by die Hervormde Kerk in Fidel Castrostraat om half-ses vandag. Dit word gevolg met ʼn ligte ete en samesang onder leiding van Johann Linde, asook volkspele deur die Voortrekkers. Ds. Koos le Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die werklike belangrikheid van die dag.