Navorsingsprojek oor bors- en prostaatkanker

Die gesondheidsministerie het vandag ‘n navorsingsprojek oor bors- en prostaatkanker in samewerking met die Afrika-Karibiese Kankervereniging, Pfizer, die Namibiese Instituut vir Patologie en ander vennote van stapel gestuur. Volgens die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula word mense van Afrika-afkoms buitensporig deur bors- en prostaatkanker geraak, met hoër voorkoms en sterftesyfers in vergelyking met ander etniese groepe. Hy sê hierdie navorsingsprojek is ‘n deurslaggewende stap om oplossings te vind.