Cele in KZN na politieke geweld

Die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, besoek vandag gebiede in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, wat deur polities-gemotiveerde geweld geraak is. In die jongste voorval is die EFF-kandidaat vir Msunduzi, Thulani Shangase, Sondagaand in Caluza doodgeskiet, terwyl die ANC-kandidaat vir eThekwini, Siyabonga Mkhize, Vrydag in Cato Crest doodgeskiet is. Die departement se woordvoerder, Lirandzu Themba, sê die besoek vind plaas met die oog op die komende munisipale verkiesings op 1 November: