Navorsers in Kambodja ondersoek Covid-neef

Navorsers in Kambodja versamel op die oomblik monsters van verskeie vlermuis-spesies in die noorde van die land, in ‘n poging om Covid beter te verstaan. Hulle werk in ‘n gebied waar ‘n soortgelyke virus tien jaar gelede in die diere ontdek is. Monsters wat in 2010 versamel is, is geberg en toetse wat verlede jaar gedoen is het bevind dat hulle ‘n draer is van ‘n koronavirus wat baie naby verwant is aan Covid-19.