NAVO sê Putin het vrede in Europa vernietig

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sê die Russiese president Vladimir Putin het vrede in Europa vernietig, en dit is die grootste veiligheidskrisis sedert die Tweede Wêreldoorlog. NAVO-leiers het in Madrid, Spanje, vir ‘n beraad byeengekom. Die organisasie se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê NAVO-leiers het Oekraïne van hul ondersteuning verseker vir solank as wat dit nodig is, en bondgenote sal militêre en finansiële hulp beskikbaar stel. Hy sê ‘n sterk onafhanklike Oekraïne is noodsaaklik vir bestendigheid in Europa.