Navo: Putin besig met gevaarlike en roekelose retoriek

Navo se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê Russiese President Vladimir Putin se oproep van honderde duisende troepe en dreigement om kernwapens te gebruik, is gevaarlike en roekelose retoriek. Stoltenberg het vandag aan ‘n internasionale nuusagentskap benadruk Rusland se eerste militêre mobiliasie sedert die Tweede Wêreldoorlog is nie ‘n verrassing nie, maar dit sal die konflik wat die land op 24 Februarie begin, laat eskaleer. Hy sê die stap wys die oorlog verloop nie volgens Putin se planne nie en dit is duidelik die Russiese President het hom erg misreken. Stoltenberg sê met verwysing na wat sal gebeur as kernwapens betrek word, daar sal geen misverstand in Moskou wees hoe Navo sal reageer nie.