Navo looi Putin oor kernwapens

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Navo, sê die Russiese president, Vladimir Putin, se plan om taktiese kernwapens in Belarus te plaas, is gevaarlik en onverantwoordelik. Moskou gaan van volgende week af begin met die opleiding van spanne om die wapens te gebruik. Die bou van ‘n bergingsfasiliteit vir taktiese kernwapens in Belarus sal teen 1 Julie voltooi wees. Intussen het die Europese Unie Belarus aangemoedig om die ooreenkoms met Putin te kanselleer. Navo waarsku, die land kan verdere sanksies in die gesig staar, sou dit met die ooreenkoms voortgaan.