Nauyoma sê Netumbo se seun dreig hom met die dood

Dimbulukeni Nauyoma, bekende aktivis en nou veldtogbestuurder vir Ally Angula se bod om president te word met volgende jaar se verkiesings, sê Epraphas Denga Ndaitwah, seun van die Swapo-kandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah, het hom met die dood gedreig. Hy het reeds blykbaar Vrydagaand die eerste boodskappe wat hom met die dood gedreig het ontvag. Hy het op sy sosiale media-platforms geplaas dat dit wel Nandi-Ndaitwah se seun was. Hy sê hulle het met die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo gepraat om hom te oorreed om nie ‘n saak te maak nie. Maar, hy sê hy sal nie toelaat dat die politieke elite en rykes wegkom met misdaad nie. Hy het ‘n saak gemaak en wag dat die polisie die verdagte, wat bekend is, arresteer. Epaphras Denga Ndaitwah is ‘n luitenant-generaal in die weermag en was weermaghoof vanaf Januarie 2011 tot Desember 2013.