Nautedam nou 90,4% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 56,4 persent vol teenoor verlede jaar dieselfde tydperk se 54 persent. Volgens die weeklikse Namibiese dambulletin van NamWater het die Nautedam met 3,666 miljoen kubieke meter verlede week gestyg wat nou 90,4 persent vol is teenoor verlede week se 86 persent. Die damme wat Windhoek van water voorsien is tans 68,7 persent vol teenoor verlede jaar se 61,2 persent. Altesaam 0,441 water is verlede week uit die Von Bachdam onttrek wat die damvlak nou op 49,6 persent te staan bring teenoor verlede seisoen se 79,8 persent.