Twaalf vermeende wildverdagtes vasgetrek

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag is 12 vermeende wildmisdadigers verlede week in Namibië in hegtenis geneem, waarvan vyf in die Otjiwarongo-distrik vasgetrek is vir die sameswering om ‘n renoster te stroop. Hul voertuig, ‘n jaggeweer en vyf patrone is gekonfiskeer. Beslag is ook gelê op twee lewende ietermagôs, ‘n bloudwildebeeskarkas, koedoevleis, nóg twee voertuie en ‘n haelgeweer.