Naute se sluise oopgetrek

Die sluise by die Nautedam net Suid van Keetmanshoop is om nege-uur oopgetrek. Die woordvoerder van NamWater Johannes Shigwedha het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die dam tans op 110 persent staan. Die Löwenrivier, waarin die dam gebou is, is bekend dat hy uiters vinnig begin loop. Die rivier is een van die talle wat by die Visrivier aansluit. Inwoners word gemaan om versigtig te wees. Die Nautedam het ‘n kapasiteit van 69 miljoen kubieke meter en is Namibië se vierde grootste dam. Die dam ondersteun ‘n regerings visplaas sowel as ‘n groenskema wat onder andere dadels verbou en na Europa toe uitvoer.