NaTIS-sentrums aan kus se ure verleng

Die Paaie-owerheid het aangekondig dat hulle hul werksure op Saterdae gedurende Desember by die Swakopmund- en Walvisbaai NaTIS-sentrums verleng. Dit vorm deel van die strategiese inisiatief om opeenhoping te verlig en beter toeganklikheid tot hul dienste te bied. Die verlengde werksure gedurende die feesseisoen sal op die Saterdae van die 16de, 23ste en 30ste Desember vanaf nege-uur die oggend tot twee-uur die middag strek. Kosmos 94.1 Nuus het met die Padowerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, gepraat.