Australiër vas oor 17 miljoen bedrog-SMS’e

Die Australiese polisie het ‘n man in Sydney gearresteer omdat hy 17 miljoen bedrieglike SMS-boodskappe gestuur het, een vir byna elke volwassene in die land. Die polisie in Nieu-Suid-Wallis sê die ongeïdentifiseerde 39-jarige was eiehandig verantwoordelik vir bedrieglike boodskappe wat selfoongebruikers regoor die land geteister het. Dit sluit in vals skakels wat lyk of dit van die Australia Post of tolpad-operateurs af kom. Hy het wat bekend staan as SIM-bokse gebruik wat tien-duisende boodskappe per dag kan stuur.