Nasionale Voedsel- en Voedingsbeleid môre bekend gestel

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila stuur môre die Nasionale Voedsel en Voedingsbeleid van stapel. Dit sal plaasvind by die Nakalega-besproeiingsprojek in die Oshana-streek met die tema “hande vat vir bekostigbare, gesonde en voedsame plaaslik geproduseerde kos”. Die regering en ontwikkelingsvennote het die beleid hersien en ‘n implementeringsplan ontwikkel. Die woordvoerder van die eerste minister, Rhingo Mutambo, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.