Hulp nodig by brand by Onjala en Kivo Lodges

Dringende hulp is nodig om verwoestende veldbrand in die omgewing van Onjala en Kivo Lodges te help beveg. Velet de Jager sê die brand is op die pad verby Onjala en Kivo Lodges met sowat 14 plase wat al afgebrand het. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vlamme is sowat drie tot vyf meter hoog en doen ‘n beroep op die publiek om te help waar hulle kan.