Nasionale Vervolgingsgesag kry bewaringsbevel teen mynsindikate

Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland het ‘n bewaringsbevel verkry teen mynsindikate in Khutsong en Carletonville. Die Gautengse NVG-woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die Batebeslagleggings-eenheid het beslag gelê op bates insluitend motors, huise en geld van drie buitelandse burgers en hul vrouens wat met ‘n hoëprofiel-goudmyn-sindikaat verbind word. Die beskuldigdes, van Zimbabwe en Mosambiek, het vervalste Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente gehad en het die eiendom onwettig bekom.