Australië verslaan Indië om die Onder-19 Wêreldbeker te wen

Krieket: Australië het Indië in Benoni met 79 lopies geklop om die Onder-19-Mans-wêreldbeker vir die vierde keer in te palm. Harjas Singh het met 55 lopies die beste met die kolf gevaar en Australië het 253 vir sewe van hulle 50 boulbeurte aangeteken – die grootste telling ooit in ‘n Onder-19-Wêreldbeker eindstryd. In antwoord hierop het Mahli Beardman en Raf Macmillan drie paaltjies elk geneem, met Indië wat vir 174 uitgehaal is. Suid-Afrika se snelbouler, Kwena Maphaka, is as speler van die toernooi aangewys nadat hy 21 paaltjies laat kantel het.