Nasionale Vergadering se sitting hervat môre

Die Nasionale Vergadering hervat môre sy sewende sitting ná ‘n reses sedert 14 Julie. ’n Verklaring wat vandag deur die parlement uitgereik is, sê die NV sal elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag om half-drie die middag vergader en sal na verwagting tot 24 November 2022 in sessie wees. Volgens die verklaring het die Nasionale Raad wysigings van die Wetsontwerp op Toegang tot Inligting, die Wetsontwerp op die Bekamping van Gesinsgeweld en die Metrologiewetsontwerp hersien en goedgekeur. Namibiërs kan die NV se debatte regstreeks op hul Facebook-blad volg.