Nasionale Vergadering begin vandag sy jaar

Die amptelike opening van die negende sitting van die sewende parlement vind vanmiddag om half-drie by die parlementsgebou plaas sonder die verfraaiings soos die militêre parade, opvoerings en meer. Die president, Dr. Nangolo Mbumba, sal die sessie amptelik open, onder die tema “Verbeterde openbare betrokkenheid om aan die verwagtinge van die burgers te voldoen”. Kosmos 94.1 Nuus het met Sakeus Kadhikwa, die parlement se woordvoerder, gepraat.