Nasionale Raad volg op by dorpsrade na ouditeur se verslag

Die Nasionale Raad se staande komitee oor openbare rekeninge en ekonomie hou tans openbare verhore oor verslae van die ouditeur-generaal in sekere munisipaliteite en dorpsrade. Hierdie week was die komitee in Omuthiya waar die finansiële bestuurder, Taimi Lungameni, erken het dat daar foute gemaak is. Die dorpsraad het jaar na jaar lopende verliese gely, nadat hy ‘n verlies van 4,7 miljoen Namibiese dollar in 2016 gely het, wat tot 14,5 miljoen dollar in 2017 gestyg het voordat dit ‘n hoogtepunt van 16,6 miljoen dollar in verlies in 2018 gestyg het. Eenhana is ook besoek en Immanuel Kooper, die Nasionale Raad se hoof-inligtingsbeampte, sê Rundu is volgende aan die beurt.