Nasionale gesondheidsversekering sal ramp afgee

Die Vryemarkstigting in Suid-Afrika sê die Nasionale Gesondheidsversekering is nié die soort strukturele hervorming wat Suid-Afrika benodig nie. Die versekering is ‘n stelsel van gesondheidsfinansiering wat ontwerp is om geld saam te gooi sodat alle Suid-Afrikaners toegang kan hê tot gehalte persoonlike gesondheidsorg. Die adjunk-direkteur van die stigting, Chris Hattingh, sê dit is ‘n uiters hoërisiko-plan wat gelyktydig drastiese, skielike en beduidende veranderings in sowel die openbare as private gesondheidsektore tot gevolg sal hê: