Nasa-teleskoop ontdek moontlike planeet buite Melkweg

‘n Teleskoop van Nasa het die eerste moontlike planeet buite die Melkweg ontdek. Dié buite-planeet wat ongeveer die grootte van Saturnus is, is 28 miljoen ligjare ver van die Aarde af ontdek. Hierdie ontdekking word as ‘n deurbraak in die soeke na verre planete beskou.