Nasa se eerste toets vir verdigingstegnologie was suksesvol

Die wêreld se eerste toets van planetêre verdedigings-tegnologie was suksesvol, sê die Amerikaanse ruimte-agentskap, Nasa. Data wat die afgelope twee weke bekom is, wys dat die ruimtetuig wat op 26 September teen die asteroïd-maan Dimorphos gebots het, daarin geslaag het om sy wentelbaan te verander. Die missie staan bekend as die Double Asteroid Redirection Test, oftewel Dart. Nasa sê dit is die eerste demonstrasie van tegnologie wat ‘n asteroïed van rigting kan laat verander.